Ons storie!
Ons storie!
Net onder die 218000 etes of 76100 kg voedsel is deur ons afgelewer aan mense wat in voedselnood is vanaf die 26ste Maart 2020 toe Suid Afrika begin het met inperking as gevolg van Covid19.
As n mediese nie winsgewende organisasie, was ons nie voorbereid om soveel kos vir so n lang tydperk aan mense te verskaf regoor Mpumalanga nie.
Onder “normale” omstandighede en voor die inperking het ons as n Pediatriese mediese organisasie daarop gekonsentreer om siek kinders by te staan deur hulle na Privaat Dokters toe te neem en hulle derhalwe van gratis privaat mediese sorg te voorsien, en as deel van ons 1000 operasies vir 1000 kinders veldtog, operasies vir kinders te reel as hulle ouers finansieel nie daartoe in staat is om hulle by te staan nie, en dan verskaf ons ook babakos aan n paar honderd kinders wat nie voldoende voedsel ontvang het vir normale gesonde groei en ontwikkeling nie en laastens staan ons mense by in tye van rampe soos byvoorbeeld gedurende Sikloon Idai ens.
As daar n ramp enige plek in Suid Afrika of in ons buurlande voorkom, sal Pediatric care Africa die mense te hulp snel om te doen wat ons kan om hulle lyding te verlig.
Dit opsigself was n voltydse en baie duur ondeneming, maar ons Pediatric care Africa grondwet bepaal dat in tye van n Nasionale ramp soos Covid19 ons nie onderskei tussen n volwasse persoon en n kind nie en ons dan almal wat aangeraak is moet probeer bystaan vir die duur van die ramp.
As gevolg van die feit dat Provinsiale grense gesluit het en ons sodoende net persone in Mpumalanga kon bystaan tot en met vlak 2 van die inperking, het ons aan die werk gespring en mense wat in kos nood is te identifiseer en die publiek deur middel van lokale radio stasies in kennis gestel dat hulp aan hulle beskikbaar is gedurende die inperkings tydperk en indien hulle vir daardie rede nie n salaris verdien nie of hulle werk verloor het en in kos nood is, het ons hulle genooi om ons kantoor te kontak vir bystand.
Soos almal in Suid Afrika het ons gehoop en vertrou dat die inperking net vir 21 dae sal wees en dat mense daarna weer sal kan terugkeer werk toe en derhalwe na hulle self te kan omsien, maar soos ons nou weet dit het toe nie gebeur nie.
Hordes mense het geen salarisse ontvang nie, of hulle werk verloor as gevolg van die inperking en navrae en pleidooie om hulp het ingestroom en stroom nog steeds in, van ouers wat nie hulle kinders n bord kos kan gee nie..
Tot hede het Pediatric care Africa die ekwivalent van 218000 etes van 350gram elk of andersins gestel 76100kg kos per hand aan persone in voedselnood uitgedeel en afgelewer en ons gaan voort om dit te doen, as dit vir n groot hoeveelheid mense huidiglik die enigste voedsel is wat hulle ontvang en het om te eet.
Met die instelling van vlak 2 van die inperking en die verligting van die streng regulasies op die uitvoer van elektiewe chirurgie, het ons n groot agterstand om in te haal as ons geen elektiewe operasies kon reel en uitvoer nie en het baie kinders wat nou wag vir operasies en of gespesiliaseerde mediese behandeling.
Die onkoste om soveel mense vir soveel maande te voed en die feit dat ons fondsinsameling projekte tot totale stillstand gedwing was, het ons finansies en ons vermoë om fondse in te samel n groot knel toegedien. Ons ontvang geen bystand van die staat nie, en ons pleidooi vir noodhulp en bystand van die regering was totaal onsuksesvol.
Danksy die ongelooflike en onbaatsigtige bystand van verskeie plaaslike besighede en donateurs was ons instaat om 500 families elke twee weke van kos te voorsien vanaf die 26ste Maart 2020, en ons is baie dankbaar vir die hulp en namens die 500 families wil ons vir hulle baie dankie sê.
Om vondse in te samel om ons 1000 operasies vir n 1000 kinders program weer aan die gang te kry, en aan die arme kinders wat nie die mediese dienste en behandeling ontvang wat hulle absoluut benodig en verdien nie, beplan ons n “Ry vir n Kind” liefdadigheids motorfiets rit wat wegspring vanaf Witrivier op die 24ste September en 4 dae duur. Die liefdadigheids motorfietsrit poog om vondse vir kinder operasies in te samel deur ons stigter Dr Andre Hattingh te borg per kilometer wat hy op sy Harley Davidson motorfiets ry.
Die roete begin in Witrivier en ons vra dat alle motorfietsryers in Mpumalanga en Gauteng by ons aansluit en n entjie saam met ons ry en ons begelei om bewusmaking te skep. Alle informasie aangaande die liefdadigheids motorfietsrit en borg dokumente is beskikbaar op ons webwerf by www.pediatriccareafrica.org
Ons pleit ook dat die publiek en besighede regoor Suid Afrika ons sal bystaan om geld vir kinders se operasies intesamel deur Dr Andre Hattingh te borg vir elke kilometer wat hy gedurende die liefdadigheids motorfietsrit ry of om andersins n nie bederfbare kos donasie aan ons te maak asseblief.