A mommy’s testimonial
A Thank You from a very grateful mommy!!!
Ek en my gesin Wil net baie dankie sê vir *PEDIATRIC CARE AFRICA* vir ALLES wat hul vir Klein Henlo gedoen en beteken het,sonder julle hulp sou Henlo dit nooit gemaak het omdat hy so siek was nie.
Maar jul flinke optrede asook bystand Om Henlo eers in Polokwane by Dr. Van As te kry en so spoedig as moontlik by Dr Louw (pediater) en Dr Elliot Motloung (chirugiese pediater) by Kiaat hospitaal en daarna met nood na Steve Biko toe, het Klein Henlo se lewe gered. Ons kannie jul genoeg bedank vir Al jul moeite en omgee nie. Gister het *Pediatric Care Africa* ook weer Baie gehelp Om vir Henlo by Reon van Aardt die dieët kundige te kry voor ons gister terug gekom het Polokwane toe nie. En daar het Reon van Aardt ook Baie moeite gedoen en ook seker gemaak ons verstaan mooi wat Henlo mag eet en wat hy NIE mag eet nie.
Baie dankie ook vir *Joyce* wat ook Elke keer Baie moeite gedoen het en gister vir Henlo die cuteste gebreide teddiebeer gebring het. Asook vir Henlo 6 maande sê pap/shake/smoothie gebring het wat Pediatric Care Africa vir hom GESKENK het.
Baie Baie dankie Dr *André en die hele span by Pediatric Care Africa vir Al jul liefde omgee en bystand, jul het voorwaar ons seuntjie se lewe gered en dit beteken vir ons die wêreld.*
Groete met dankbare harte Henrico,Celia,Henlo,Tylon en familie.❤️👏🏻🙌🏻🙏🏻