Freedom Motorcycles 2

Radio Laeveld 100.5 FM interview with Dr Hattingh 1 March 2022.

Radio Laeveld interview with Dr Hattingh 1 March 2022.

 

Pediatric Care Africa se “Ride for a Child”-fondsinsamelingsprojek staan al amper einde se kant toe.

Die motorfietsryers is op ‘n 7 000 km rit om geld in te samel om mediese sorg aan behoeftige kinders te voorsien.

Dr. André Hattingh sê hulle het ongelooflike ondersteuning op die Tuinroete gehad. Saterdag by George en Sondag op pad na Oos-Londen het hordes motorfietse by hulle aangesluit en is hulle gul verwelkom oral waar hulle aangedoen het op die pad.

Hulle het vandag van Port St. Johns na KwaZulu-Natal vertrek, en sal Saterdag terugkeer na Witrivier via Barberton. Alle motorfietsryers is genooi om by die konvooi in te val om hulle welkom tuis te heet.

 

 

/ Latest News