image0

Hello daar almal!

Hello daar almal

Dit is Betty die “amptelike Afrikaanse gelukbringer en verslaggewer” van Pediatric Care Africa hier.

Ek sal die Afrikaanse verslaggewing doen oor die 2de “Ride for a child”, liefdadigheids motorfiets rit om Suid Afrika wat afskop op die 14de Februarie 2021 vanaf White River Square in Witrivier Mpumalanga.

Ek gaan vir n afstand van 6867km en 14 meter agter op n motorfiets ry saam met n middelarige man met die naam van Andre, sodat ek verslag kan doen en lekker uitpraat oor als wat op die baie lang rit rondom Suid Afrika gebeur, en veral wat die ouens aanvang sodat hulle vrouens op hoogte kan bly.

Hoekom ek altyd saam met n middeljarige man agter op moet ry, gaan my verstand te bowe, is daar nie n pragtige jong man met n “six pack” saam wie ek kan ry nie….?

“Olaf”, my Engelse Mascot kollega en maaitjie noem my “Betty die skinder bek” maar dis nie waar nie, ek skinder nie, ek vertel….

Ons trek die 14de Februarie 2021 weg en sal weer terug wees in Witrivier op die 6de Maart 2021 so ons rit is vir 21 dae.

Ons samel geld in vir kinders se mediese behandeling en ons 1000 operasies vir n 1000 kinders program en het asseblief jou hulp nodig want 2020 was hard op ons finansies.

Kom ry n ent saam met ons, en dit maak glad nie saak watter tipe motorfiets jy ry en of jy aan n klub behoort of nie, wat saak maak is jou ondersteuning en jou teenwoordigheid en nie wat en vir watter klub jy ry nie.

Ons het dringend borgskappe nodig asseblief mense, en julle kan Dr Andre borg per kilometer om hom te help om geld in te samel vir siek kinders. Ons wil baie graag 100 operasies laat doen in 2021 om op te maak vir laas jaar dat ons vir maande en maande geen operasies kon doen nie weens inperking regulasies.

Ek hoop Covid gedra homself en interfere nie met die baie belangrike motorfiets rit nie….? Ek moet sé, dat vir so n klein virussie hy nogals baie nonsense aanjaag.

Raak betrokke asseblief en gaan loer gerus in op ons web tuiste www.pediatriccareafrica.org vir volle besonderhede.

Sien julle op die pad.

Soet wees Betty

Die laaste 14 meter is wat ons moet stap tot waar Dok Andre se vrou vir hom wag met koffie en n drukkie. Aaaaaaah….🥰

   

/ Latest News