Oudtshoorn Courant 24 April 2025 – Donkiekar aangekom in De Rust
https://www.facebook.com/share/v/1Ezyt38iay/?mibextid=wwXIfr
24 April 2025
VIDEO: Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa het vanmiddag, Donderdag 24 April in De Rust aangekom met sy donkiekar en donkies.
Hattingh het op 8 April weggetrek en het die 500 km rit op ‘n donkiekar suksesvol voltooi.
Die doel was om geld in te samel vir kinders in die Karoo met serebrale gestremdheid en die hoop is om genoeg geld in te samel om buggies/rystoele vir die kinders te koop. Hierdie buggies, wat deur ‘n arbeidsterapeut aangepas word, help kinders om meer onafhanklik en deel van hul gesinne se daaglikse lewe te wees.
Die toer ‘Donkeys delivering dreams’, is vanweë streng snelweg- en nasionale padregulasies, sowel as veiligheidsoorwegings, op grondpaaie gedoen. Die roete De Rust, Middelplaas, Dysselsdorp, Oudtshoorn, Calitzdorp en weer terug via agterpaaie na Oudtshoorn en uiteindelik na De Rust. I
Die totale afstand van 500 km is oor 17 dae voltooi,, met ‘n maksimum van 30 km per dag wat teen stapspoed gedoen is.
“Ses donkies het in rotasie aan die reis deelgeneem, met twee donkies wat op bystand was ingeval een beseer sou word.”.
Video: Louise Mouton